(Hong Kong Vryday 13 November 2009)
Vir baie mense is Vrydag die 13de ‘n dag van kwade dade en gebeure. Vir Suid Afrika se Charl Schwartzel was dit net een ding: ‘n gesamentlike 9-onder voorlopers-posisie aan die einde van die tweede rondte van die UBS Hong Kong Open in FanLing. Schwartzel deel die plek met China se Liang Wenchong, die Hollander Robert-Jan Derksen en Frankryk se Grégory Bourdy.
Schwartzel hoop dat sy suksesvolle tweede rondte in Hong Kong hom in ‘n goeie posisie sal plaas op die leiersbord vir die Europese Toer se Race to Dubai. Die Suid Afrikaner is tans nommer 24 op die Toer se inkomste-lys na hy reeds €938,019 hierdie seisoen gewen het. Sou hy in Hong Kong wen, sal hy, op nommer 15, sterk geplaas wees vir die laaste toernooi van die seisoen in Dubai.
“Ek kan seker nie meer die Race to Dubai wen nie, maar 2 oorwinnings sal die voorlopers sekerlik lekker skrik maak.” het hy gese na afloop van Vrydag se spel.
“Ek is reg waar ‘n speler wil wees na twee rondtes,” Se hy verder. “Ek speel tans goed en as ek so kan volhou, stuur hierdie toernooi op ‘n opwindende finaal af.”
Die vier voorlopers, insluitende Schwartzel is een hou voor nog ‘n Suid Afrikaner Rory Sabbatini asook Thailand se Chinnarat Phadungsil.
Na harde reen aan die einde van Dag 1, het Hong Kong vanoggend ietwat laer temperature ondervind. Die son het egter in die namiddag kop uitgesteek en volgens Schwartzel het dit die speel-oppervlak en kondisies verbeter.
Hy verduidelik: “Dit was koud vir die spelers in die oggend en die bal het nie te ver deur die lug getrek nie. Ek het vroeg in my rondte met ‘n trui aan gespeel so ek dink die na-middag spelers was baie beter af (in terme van die weer).”
Na afloop van die WGC-HSBC Champions Toernooi in Shanghai, China is Charl Schwartzel (71) tans Nommer 5 op die Suid Afrikaanse ranglys, een plek na Rory Sabbatini (61). Hulle onderskeie posisies op die wereld-ranglys is tussen hakies.
South Africa’s Charl Schwartzel drives at the par-four 15th hole during the second round of the UBS Hong Kong Open on Friday, 13 November 2009. (Picture: Parallel Media Group)




